# Katar het Israel se aanval op senior Hamas-leiers in die hoofstad Doha veroordeel. Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê hy het opdrag gegee vir die aanval na onlangse aanvalle in Jerusalem en Gaza. Hy sê dit was heeltemal geregverdig. Katar, wat by onderhandelinge tussen Israel en Hamas betrokke was, het die aanval ‘n blatante skending van internasionale reg genoem. Hy sê hy sal nie Israel se roekelose gedrag en die voortdurende ontwrigting van streeksekuriteit, of enige daad wat sy veiligheid en soewereiniteit teiken, duld nie.
Katar sê Israelse aanval in Doha is ‘n blatante skending van internasionale wette