# Katar se Ministerie van Buiutelandse Sake sê die toenemende Israelse aanvalle in Gaza is ‘n poging om die instelling van die 20-punt-plan en vreedsame oplossings te verhoed. Dit druis in teen die padkaart vir vrede van die Amerikaanse president, Donald Trump, se vredesraad vir die ontwapening van Hamas en Israel se onttrekking uit Gaza. Israel het meer as 73-duisend mense in Gaza gedood sedert Oktober 2023. Katar sê terwyl Hamas sy verpligtinge nagekom het, moet die internasionae gemeenskap druk op Israel plaas om dieselfde te doen.
Katar gee Israel skuld vir vertraging met instel van Gaza-skietstaking