# Kanovaart: Beide Jenna Nisbet en Hank McGregor gaan die laaste dag van die 2025 Bergrivier-kanomarathon tegemoet met ‘n groot voorsprong op hul naaste mededingers. Die 47-jarige McGregor het gister se 75 kilometer lange skof van Bridgetown na Zoutkloof gewen en loop nou met meer as 10 minute voor teen Robert Herreveld in die tweede plek. In die vrouewedren moet Jenna Nisbet net vir Nix Birkett versigtig wees om ‘n derde titel by haar 2013- en 2022-oorwinnings te voeg. Die laaste skof begin by Zoutkloof en eindig 57 kilometer verder in Velddrif.
Kanovaart: Bergrivier-oorwinnings wink vir Hank en Jenna