# Verskeie Kanadese provinsies, ondermeer Ontario, het begin met stappe in reaksie op die heffings van 25-persent wat die VSA se Trump-administrasie op Kanadese goedere ingestel het. Ontario se Drankbeheerraad is een van die grootste kopers van alkohol in die wêreld en het Amerikaans-vervaardigde alkoholiese produkte soos Jack Daniel’s van sy rakke verwyder. Eerste minister Justin Trudeau het president Donald Trump vroeër daarvan beskuldig dat hy ‘n totale ineenstorting van die Kanadese ekonomie beplan om anneksering makliker te maak. Trump het reeds aangedui dat hy Kanada die 51ste Amerikaanse staat wil maak.
Kanada verwyder Jack Daniel’s van winkelrakke