# Kanada se Kamer van Koophandel het president Donald Trump se hoër tariewe vir die land veroordeel. Trump het gister ʼn uitvoerende bevel onderteken wat tariewe vir Kanada van 25- tot 35-persent verhoog. Hy sê dis deels te wyte aan Kanada se versuim om die invloei van onwettige dwelms oor die grens na Amerika te keer. Trump het Woensdag gewaarsku Ottawa se besluit om ʼn Palestynse staat te erken, maak ʼn handelsooreenkoms moeilik. Die Kamer se president, Candace Laing, sê nog meer tarief-onstuimigheid bevorder nie Noord-Amerika se ekonomiese sekerheid nie.
Kanada se Kamer van Koophandel veroordeel Trump se hoë tariewe