# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal van 8 September af tariewe hef op die invoer van Amerikaanse staal, elektronika en ander produkte as vergelding vir president Donald Trump se 50 persent-tariewe wat gisteraand om middernag in werking getree het. Na dae van spannende onderhandelinge kon die twee lande laat Vrydag nog nie ‘n handelsooreenkoms bereik nie, wat die delikate verhouding tussen die langtermyn-handelsvennote en bondgenote verder verswak. Dit kompliseer ook die toekoms van die kontinentale vryhandelsverdrag bekend as die VSA-Mexiko-Kanada-ooreenkoms.
Kanada hef vergeldingstariewe op Amerikaanse staal, elektronika en ander produkte