# Die voormalige vise-president van Amerika, Kamala Harris, het president Donald Trump se administrasie kritiseer oor sy aanslag op vryheid van spraak en sê dis blatante magmisbruik. Dit volg op die onbepaalde opskorting van Jimmy Kimmel se laataandprogram van ABC weens sy opmerkings oor die sluipmoord op die regse aktivis Charlie Kirk. Harris sê die Trump-administrasie val kritici aan en gebruik vrees as wapen om enige iemand wat ‘n mening lig, stil te maak. Volgens haar gee mediamaatskappye, van televisienetwerke tot koerante, oor aan hierdie dreigemente.
Kamala Harris kritiseer Trump-administrasie se aanslag op vryheid van spraak