# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê pendelaargetalle in Kaapstad was in April verlede jaar op 53-duisend per dag, maar met die heropening van die Philippi- en Nolungile-stasies het die getal nou byna verdubbel tot op 104-duisend pendelaars per dag. Die doelwit is om die Kapteinsklip se tweede lyn teen die einde van die jaar te voltooi, waarna die aantal daaglikse pendelaargetalle na verwagting meer as 162-duisend sal bereik. Die getalle sal na verwagting teen April volgende jaar, wanneer die Sentrale Lyn weer in werking is, tot op 343-duisend per dag styg.
Kaapstadse spoorweg-pendelaargetalle sal teen April volgende jaar tot 343 000 per dag styg