# Die verhoor van vier gewese Kaapstadse polisiebeamptes wat beskuldig word dat hulle juwele van 20-miljoen-rand by ʼn huis in Llandudno gesteel het, is na die Wynberg-streekhof oorgeplaas. Jacobus Groenewald, Bradley Minnaar, Mthuthuzeli Mafanya en Bathandwa Soldati wat almal afgedank is, het gister in die Wynberg-landdroshof verskyn. Sommige van hul borgtogvoorwaardes is gewysig om hulle toe te laat om werk te soek.
Kaapstadse juweeldiefstalsaak teen oudpolisielede na ander hof verskuif