# Die Stad Kaapstad sê ‘n rekord van 625,5 kilometer se rioolpyplyne is proaktief skoongemaak as deel van wintergereedheid. Dit oorskry die stad se jaarlikse teiken meer as drie keer. Hierdie belegging ter waarde van 207,9-miljoen-rand help met voorkomende instandhouding om die risiko van rioolblokkasies en die oorloop wat veroorsaak word deur vreemde voorwerpe, onwettige stormwaterverbindings en verhoogde reënval te verminder. Burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê operasionele spanne voer dwarsdeur die jaar ‘n uitgebreide instandhoudingsprogram uit.
Kaapstad verdriedubbel rioolreiniging om winteroorloop te verminder