# Die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Water en Sanitasie het ʼn mylpaal met tegnologies-gevorderde waterbestuur bereik toe hy sy eerste slim watermeter in Bellville geïnstalleer het. Dis die amptelike begin van gevorderde meter-infrastruktuur in die stad wat lekplekke vroegtydig sal opspoor, en akkurate rekeningstate en algehele stelsel-doeltreffendheid sal verseker. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die metro het sowat 1,1-miljard-rand toegeken vir die eerste fase van die program:
Kaapstad skakel oor na eerste slim watermeter [KLANK]
ENG ZahidONWaterMeter