Skip to content

Kaapstad se Water en Sanitasie-direktoraat berei infrastruktuur voor vir verwagte reën

# Die Stad Kaapstad se direktoraat Water en Sanitasie sê hulle is in die lig van die naderende winter besig om die infrastruktuur voor te berei vir die verwagte reën. Meer as 78-miljoen rand is bewillig vir die pro-aktiewe instandhouding van rioolstelsels. Die metro het ook in 23 nuwe rioolvragmotors teen ‘n bedrag van 53-miljoen rand aangeskaf. Die metro sê met meer water wat in reënmaande die stelsel binnevloei, verhinder proaktiewe instandhouding dat stelsels oorloop sodat sowel riool- en rivierstelsels die hoër volume kan bestuur.