# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die Nasionale Vervolgingsgesag gevra om die borgtog-aansoeke teen te staan van dwelmhandelaars op die bende-geteisterde Kaapse Vlakte. Die metropolisie het vroeër die maand ʼn verdagte met 30 pakkies tik in Mitchells Plain vasgetrek, waarna hy op borgtog vrygelaat is. Hill-Lewis sê indien borgtog geweier word en verdagtes in aanhouding bly, stuur dit ʼn sterk boodskap dat die staat dwelmhandel in ʼn ernstige lig beskou:
Kaapstad se burgemeester sê staat moet dwelmhandelaars se borgtogaansoeke teenstaan [KLANK]
AFR GeordinONApplications