Skip to content

Kaapstad gaan voort om gemeenskappe te besoek namate diensleweringspogings vorder

# Die Stad Kaapstad sê hy sal voortgaan om gemeenskappe te besoek namate diensleweringspogings vorder deur sy behuisingstadsbesoeke. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Carl Pophaim, sê die projek het ten doel om toeganklikheid te verbeter deur menslike nedersettingsdienste regstreeks na gemeenskappe in die metro te neem. Hy sê begunstigdes van die Stad se behuisingsprojekte word gekies in ooreenstemming met die Stad se Behuisingstoekenningsbeleid en Behuisingsbehoefteregister om te verseker behuisingsgeleenthede word op ‘n regverdige en deursigtige manier beskikbaar gestel.