# Die Stad Kaapstad sal 200 bykomende beddens aan elf uitgesoekte skuilings verskaf as deel van sy wintervoorbereidingsprogram. Skuilings sal ook voedselpakkies, toiletware, matrasse en beddegoed ontvang. U-turn Homeless Ministries het die ernstige uitdagings uitgelig wat skuilings gedurende die winter ondervind, en die behoefte aan deurlopende openbare steun en politieke wil beklemtoon. Stephen Underwood van die organisasie sê die stad het meer as 14-duisend haweloses, maar slegs drie-duisend beddens.
Kaapstad gaan 200 bykomende beddens vir sy wintergereedheidsprogram voorsien