# Die Stad Kaapstad stel ‘n bedryfsbegroting van 4,7-miljard-rand voor vir stedelike vervoer vir die nuwe boekjaar op 1 Julie. Meer as 1,7-miljard-rand gaan aan die MyCiTi-busdiens, terwyl 1,9-miljard-rand vir pad-instandhouding bewillig is. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die stad beplan ook groot beleggings in openbare vervoer, padopknappings en toeganklike stap- en fietsinfrastruktuur. Meer as ses-miljard-rand is oor die volgende drie jaar vir vervoerinfrastruktuurprojekte geoormerk.
Kaapstad bewillig miljarde vir opgraderings aan die MyCiTi-busdiens