Skip to content

Kaapstad begin met opknapping van Zeekoevlei-keerwal

# Die Stad Kaapstad het begin met veranderinge en opknappingswerk aan die keerwal by Zeekoevlei in die Valsbaai-natuurreservaat. Die projek sal ander mediumtermyn-ingrypings versterk om die algehele watergehalte van dié Ramsar-terrein te verbeter. Die onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing, Eddie Andrews, sê tydens die projek sal die keerwal by Zeekoevlei verlaag word, en hulle sal sluise installeer wat meganies beheer word. In die huidige stelsel word die sluiskleppe met die hand verwyder.