Skip to content

Kaapse New Horizon-inwoners betoog teen afbreek van huisuitbreidings

# Meer as twee-duisend-400 gesinne van New Horizon in Pelicanpark betoog vandag teen die Stad Kaapstad se plan om uitbreidings aan hulle HOP-huise af te breek om plek te maak vir sypaadjies. Die metro het verlede maand ʼn 60-dae-kennisgewing uitgereik dat huiseienaars amptelike bouplanne moet laat goedkeur of regsaksie in die gesig staar. As deel van die voorgestelde planne om sypaadjies te bou, moet alle strukture wat meer as 1,5-meter in die openbare ruimte is, verwyder word. Inwoners sê die metro is onregverdig.