# Die Kaapstadse Metropolisie het 65 verdagtes in hegtenis geneem en twee-duisend-699 boetes uitgereik tydens weeklikse patrollies. In Observatory het die hond Virus gehelp om dwelms ter waarde van meer as 13-duisend-rand te vind wat in ‘n voertuig in Observatory versteek was. Dit het gelei tot die arres van ‘n 41-jarige man. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, het die honde-eenheid se rol in die bekamping van dwelmhandel geprys en inwoners versoek om misdaad aan te meld. Wetstoepassingagentskappe het 178 verdagtes in hegtenis geneem, terwyl verkeersbeamptes meer as 50-duisend oortredings in die stad aangeteken het.
Kaapse Metropolisie arresteer 65 verdagtes, lê beslag op dwelms tydens patrollies