Skip to content

Kaapse Forum steun ontplooiing van voormalige soldate om bendegeweld in Wes-Kaap te beveg

# Die Kaapse Forum sê voormalige bruin militêre veterane moet oorweeg word in pogings om bendes en dwelmhandel in die Wes-Kaap te beveg. Die organisasie glo ervare voormalige soldate van die Suid-Afrikaanse Kaapse Korps kan gemeenskapsveiligheid versterk as polisiëringsmagte na die provinsie afgewentel word. Heindrich Wyngaard van die forum sê baie Bruin militêre veterane sukkel steeds om toegang tot erkenning en voordele te verkry. Wyngaard doen ‘n beroep op die ontplooiing van polisiëringsmagte na die provinsie om die stryd teen misdaad te versterk.