Skip to content

JustMoney sê Suid-Afrikaners is onder toenemende finansiële druk

# JustMoney sê Suid-Afrikaners ervaar toenemende finansiële druk. Die maatskappy se Money & Me 2026-peiling, wat in Julie en Augustus onder meer as vyf-duisend-400 mense gedoen is, het bevind 65-persent ervaar elke maand as finansieel uitdagend, ‘n toename van 61-persent teenoor verlede jaar. ‘n Woordvoerder vir JustMoney, Judy Bryant, sê slegs tien-persent voel vol vertroue oor hul inkomste, terwyl 43-persent geld leen voor die einde van die maand. Sy voeg by meer as die helfte van die respondente bestee meer as 40-persent van hul inkomste aan skuld, teenoor verlede jaar se 38-persent.