Skip to content

Justisiekomitee sê korrupsie sal altyd aan die lig kom

# Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sê die Suid-Afrikaanse regstelsel is uiters sensitief oor korrupsie. Dit volg na die skorsing van senior ondersoekers by die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Dylan Perumal, Brian Padayachee en Suneel Bellochun, te midde van bewerings dat hulle betrokke was by die vervalsing van getuieverklarings, die manipulering van sake en magsmisbruik. Die voorsitter, Xola Nqola, sê selfs wanneer korrupsie in die geheim of diep ondergronds gepleeg word, sal dit aan die lig kom. Hy sê dit is nog altyd die geval sedert die begin van demokrasie in Suid-Afrika: