Skip to content

Justisie-departement en FBI bevestig Epstein het geen geheime klantelys gehad nie

# Die Amerikaanse Departement van Justisie en die FBI sê hulle kon geen bewyse vind dat die finansier en seksoortreder, Jeffrey Epstein, ʼn lys met hoëprofielklante gehad het nie. Die departement sê hulle kon ook geen bewyse vind dat Epstein vermoor is nie, maar dat hy wel in 2019 in ʼn New Yorkse tronk selfdood gepleeg het. Daar is geen verdere aanklagte in die ondersoek na Epstein nie omdat hulle geen bewyse kon vind wat ʼn ondersoek teen derde partye regverdig nie.