Skip to content

Junie dodelikste maand vir Oekraïnse burgerlikes sedert April 2022

# Oekraïne het in Junie die hoogste maandelikse aantal burgerlike ongevalle sedert April 2022 gesien. Volgens die Verenigde Nasies se Moniteringsending vir Menseregte in Oekraïne is minstens 293 burgerlikes verlede maand dood en een-duisend-990 beseer, wat die aantal burgerlike sterftes vir die jaar tot dusver op byna een-duisend-400 te staan ​​bring. Die ongevalle is 37-persent hoër as in Junie verlede jaar. Die VN sê burgerlike ongevalle as gevolg van langafstandwapens het van Januarie tot Junie met 60-persent toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.