# Judges Matter sê hoofregter Mandisa Maya se nuwe Beleid oor Seksuele Teistering vir die regbank is ʼn stap nader aan veilige howe. Volgens die nuwe beleid sal daar geen verdraagsaamheid teenoor seksuele teistering wees nie. Aanspreeklikheid word verseker deur tugoptrede, ʼn veilige werksplek en ʼn aanmeldingstelsel wat vertroulik en regverdig is en slagoffers teen vergelding beskerm. Judges Matter sê howe het lank ʼn kultuur van geheimhouding en ontkenning gehandhaaf wat seksuele teistering betref. Hy sê die belangrikheid van amptelike beleid om seksuele teistering te bekamp kan nie oorbeklemtoon word nie.
Judges Matter sê amptelike beleid om seksuele teistering te beveg is belangrik