Skip to content

Joodse Raad van Australië steun erkenning van Palestynse staat

# Die Joodse Raad van Australië steun die land se belofte om Brittanje, Frankryk en Kanada se voorbeeld te volg en ‘n Palestynse staat te erken. Die groep het voorheen sy bedenkinge gehad oor Israel se optrede in Gaza, maar sê erkenning en stappe moet saamgevoeg word om die volksmoord te stop. Die raad sê indien Australië werklik Palestynse selfbeskikking steun, moet hy alle militêre samewerking met Israel beëindig en die land aanspreeklik hou vir die voortgesette volksmoord en doelbewuste verhongering in Gaza. Israel ontken deurlopend bewerings van volksmoord .