Skip to content

Johannesburgse polisie ondersoek inbraak by geskorste polisie-generaal Molefe Fani se huis 

# Die Johannesburgse polisie het ‘n saak van huisbraak en diefstal geopen nadat inbrekers toegeslaan het op die huis van die polisie se geskorste afdelingskommissaris vir Voorsienings-kettingbestuur, Molefe Fani. Verskeie elektroniese toestelle is gesteeel, insluitend Fani se skootrekenaar. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ondersoeke duur voort. Fani is geskors nadat die Spesiale Ondersoekeenheid hom verbind het met beweerde onreëlmatighede in verkryging, verkwistende uitgawes en belangebotsings met betrekking tot regeringstenders ter waarde van miljoene rand.