ʼn Beampte van die Johannesburgse Metropolisie wat van diens af was, is gearresteer nadat sy na bewering gisteroggend in Soweto ʼn mede-beampte wat ook van diens af was, doodgeskiet het. Volgens voorlopige berigte was ʼn vroue-beampte na bewering betrokke by ʼn huishoudelike stryery met haar vriendin voor sy ʼn kollega en vriend gekontak het om die vriendin te kom verwyder. ʼn Woordvoerder van die metropolisie, Xolani Fihla, sê die vriendin het in haar motor geklim en toe sy wegry, het die verdagte na bewering sewe skote afgevuur:
Johannesburgse metrobeampte sterf in huishoudelike geweld in Soweto [KLANK]
ENG FihlaONDomesticAltercation