# Johannesburg se burgemeester Dada Morero het volgens berigte jare lank verslae verberg wat wys dat City Power die stad se vermoë om dienste te verskaf, kniehalter. News24 berig dat City Power op 30 September 2024 ʼn negatiewe bankbalans van 16,3-miljard-rand gehad het. Volgens die Ouditeur-generaal het die kragvoorsiener in die 12 maande wat op 30 Junie 2024 geëindig het, ʼn verlies van 2,8-miljard-rand gehad. ʼn Metrowoordvoerder, Nthatisi Modingoane, sê dié bewerings is vals en misleidend en hulle is deursigtig en aanspreeklik.
Johannesburgse burgemeester verberg na bewering verslae wat City Power se negatiewe bankbalans wys