Skip to content

Johannesburgse burgemeester lag die moontlikheid af dat Zille as burgemeester staan

# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, het berigte dat die DA se federale voorsitter, Helen Zille, oorweeg om ná volgende jaar se plaaslike verkiesing Johannesburg se burgemeester te word, afgelag. Volgens berigte het sommige DA-lede Zille gevra om haarself beskikbaar te stel. Morero sê Zille se moontlike insluiting op die lys vir burgemeester, kan beteken die DA erken die party is nie opgewasse vir die taak nie. DA-kandidate wat in munisipaliteite as burgemeesterskandidate wil staan, het tot 15 Junie tyd om hul aansoeke in te dien.