# Die Stad Johannesburg het inwoners verseker die voorgestelde tariefverhogings vir die 2025/26-boekjaar sal nie ingestel word voor die openbare raadplegings op 10 Mei afgehandel is nie. Dit volg namate kommer toeneem oor die voorgestelde stygings, insluitend 4,6-persent op eiendomstariewe. Verdere verhogings sluit in 12,41-persent op elektrisiteit, 13,9-persent op water en sanitasie, en 6,6-persent op vullisverwydering. Die Finansiële hoof, Tebogo Moraka, sê die Stad poog om ‘n balans te vind tussen diensvolhoubaarheid en bekostigbaarheid. Hy voeg by die meeste verhogings is in ooreenstemming met inflasievlakke.
Johannesburg verseker voorgestelde tariewe sal nie voor Mei ingestel word nie