Skip to content

​Johannesburg se Wyke 82 en 99 hou vandag tussenverkiesings

# Inwoners in Wyke 82 en 99 in Johannesburg stem vandag in twee munisipale tussenverkiesings. Die raadslid vir Wyk 82, wat Westbury en Newclare insluit, is oorlede. Wyk 99, met onder meer die voorstede Cresta en Blairgowrie, is sonder verteenwoordiger gelaat toe die raadslid bedank het. Kandidate van verskeie politieke partye betwis die wyke en belowe optrede teen kwessies soos misdaad, dienslewering en infrastruktuur-uitdagings. Die stembusse sluit vanaand om nege-uur.