Skip to content

Johannesburg se burgemeester bewillig ‘n infrastruktuurbelegging van R3-miljard

# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê 3,03-miljard-rand is oor die volgende drie jaar vir infrastruktuur bewillig. Hy het gister die Stadsrede gelewer onder die tema, Die Johannesburg wat ons almal wil hê. Die geld sal aangewend word vir die opgradering van agt van die mees onderbediende gebiede – Diepsloot, Southern Farms, Ivory-park, Orange Farm, Soweto, Riverlea, Zandspruit en Eldoradopark. Morero sê ‘n belegging in agtergeblewe en gemarginaliseerde gebiede sal help om infrastruktuur-agterstande uit te wis en sal die nedersettings in gemeenskappe omskep wat volhoubaar is vir die toekoms.