Skip to content

Johannesburg gefrusteerd met vertraging van EFF-raadslid se ballistiese verslag

# Die Stad Johannesburg se Departement van Openbare Veiligheid is gefrustreerd oor die vertraging met die ballistiese verslag oor die dood van die EFF-raadslid, Moshe Mphahlele. Hy is in Augustus 2024 doodgeskiet tydens protesoptrede oor dienslewering in Alexandra. Dit is steeds nie duidelik of die Johannesburgse Metropolisiedepartement of privaat sekerheidsmaatskappye verantwoordelik was nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, Mgcini Tshwaku, ook ‘n EFF-lid, sê alle vuurwapens is vir toetsing ingedien en hy sal voortgaan in sy soeke na geregtigheid.