# Die burgemeester van Johannesburg Dada Morero sê hulle verstaan die frustrasie van inwoners van Coronationville en Westbury wat steeds sonder water is. Hy het gister met die gemeenskap van Coronationville geskakel. Hy sê hoewel toevoer in sekere gebiede herstel is, verhinder voortgesette vandalisme en sabotasie van die stad se infrastruktuur die herstelpogings. Hy sê meer as 20 watertenkwaens is ontplooi om tydelik te help terwyl spanne voortgaan om die agterstand met herstelwerk in te haal:
Johannesburg-burgemeester sê daar word gewerk om watertoevoer in Coronationville en Westbury te herstel [KLANK]
ENG MoreroOnWaterSupply