# Johannesburg Water het die aanranding op een van sy ondersoekers van onwettige verbindings ten sterkste veroordeel. Die ondersoeker is deur ‘n verbruiker tydens die uitvoering van sy pligte in Tulisapark aangeval. Die ondersoeker was by die eiendom om ‘n vermeende onwettige heraansluiting te ondersoek nadat die klant deur Johannesburg Water se kredietafdeling afgesny is. ‘n Woordvoerder van Johannesburg Water, Nombuso Shabalala, sê verbruikers moet personeel toelaat om hul verantwoordelikhede in ‘n veilige en respekvolle omgewing uit te voer, vry van dreigemente, intimidasie of geweld:
Joburg Water veroordeel aanranding op inspekteur tydens ondersoek in Tulisapark [KLANK]
ENG NombusoonAssault