Skip to content

Joburg se ekonomie word ná nasionale BBP-hersiening op R1,3-duisend-miljard geraam

# Die Stad Johannesburg sê Statistiek Suid-Afrika se jongste hersiening van die bruto binnelandse produk bied ‘n meer akkurate beeld van die land se ekonomie, wat nou na raming 4,9-persent groter is as voorheen. Die hersiene syfers dui aan Johannesburg se ekonomie kan ongeveer 1,3-duisend-miljard-rand beloop, hoewel dit ‘n skatting is en nie ‘n amptelike syfer vir die metropool is nie. Die stad sê die geleentheid lê nou daarin om die verbeterde data te gebruik om beleggings te lok, kleinsakeondernemings te ondersteun, werksgeleenthede te skep en die plaaslike ekonomie te versterk.