Skip to content

JMPD slaan groot slag teen Hillbrow se dwelmhandel [KLANK]

# Die Johannesburgse Metropolisie het op onwettige dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van 279-duisend-500-rand beslag gelê tydens ‘n groot klopjag in Hillbrow. Die metropolisiedepartement se Taktiese Reaksie-eenheid het op ‘n wenk gereageer en ‘n bekende dwelmhuis bestorm en kokaïne en nyaope gekonfiskeer. Die departement se woordvoerder, Xolani Fihla, sê die intelligensie-geleide operasie het ‘n aansienlike hoeveelheid gevaarlike stowwe opgelewer en sodoende verhoed dat dit die strate bereik en gemeenskappe skade berokken:

ENG FihlaOnDrugBust