# Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, sê die na-verkiesingsbetalings wat president Donald Trump aan alle volwasse Amerikaanse burgers belowe het, sal befonds word deur die handelstariewe. Trump het belowe om elke volwasse burger 80-duisend-rand te betaal as sy Republikeinse Party die Huis en Senaat in November se middeltermynverkiesing behou. Volgens berigte sal dit meer as 16-duisend-miljard-rand kos. Vance sê die administrasie toon ‘n groot inkomste omdat Trump uiteindelik opstaan teen beide lande en maatskappye wat voordeel getrek het uit Amerika se werkers.
JD Vance verdedig Trump se betalings ná die verkiesing indien Republikeine die middeltermynverkiesing wen