# Amerika se visepresident JD Vance is positief oor die Israel-Hamas-skietstilstand en sê dis op ʼn baie goeie plek. Hy is op besoek aan Israel om die brose skietstilstandooreenkoms te ondersteun. Die skietstilstand wankel onder herhaalde skendings sedert dit op 10 Oktober tot stand gekom het. Hamas het sedertdien twee Israelse soldate doodgeskiet en Israel het wraak geneem met lugaanvalle waarin 26 Palestyne in Gaza Sondag dood is. Vance glo die skietstilstand sal hou:
JD Vance sê hy is optimisties dat Israel-Hamas-skietstilstand sal hou [KLANK]
ENG VanceOnCeasefire