# Japan se minister van Verdediging, Shinjiro Koizumi, het die omstrede Yasukuni-heiligdom besoek ter herdenking van Japan se oorgawe in die Tweede Wêreldoorlog. Die heiligdom bring hulde aan sowat 2,5-miljoen Japannese wat in die oorlog dood is, insluitend 14 leiers wat skuldig bevind is aan ernstige oorlogsmisdade. China en Suid-Korea sê hierdie besoeke verbloem Japan se gewelddadige optrede tydens die oorlog en benadeel diplomatieke betrekkinge. Die eerste minister, Sanae Takaichi, het nie die heiligdom besoek nie, maar wel ‘n rituele offer gestuur. Die laaste sittende Japannese eerste minister wat Yasukuni besoek het was Shinzo Abe in 2013. Die Amerikaanse president, Barack Obama, het hom destyds daaroor gekritiseer.
Japanse minister besoek omstrede Yasukuni-heiligdom op herdenking van Tweede Wêreldoorlog-oorgawe