Skip to content

Japan se jaarlikse geboortesyfer daal tot rekordlaagtepunt met bevolkingsnoodtoestand wat vererger

# Japan se geboortesyfer neem vinniger af as wat beraam is, met die jaarlikse syfer wat verlede jaar tot nog ‘n rekordlaagtepunt gedaal het. Volgens regeringstatistiek is 686-duisend-en-61 babas in 2024 in Japan gebore. Dis ‘n daling van 5,7-persent teenoor die vorige jaar en die eerste keer sedert 1899 dat dit onder 700-duisend gedaal het. Japan is een van verskeie Oos-Asiatiese lande wat worstel met dalende geboortesyfers en ‘n bevolking wat al hoe ouer word. Die land se bevolking van ongeveer 124-miljoen mense sal na verwagting teen 2070 tot 87-miljoen daal, met 40-persent ouer as 65.