# Die IVP in Ekurhuleni het Donderdag sy mosie van wantroue teen die raad se speaker, Nthabiseng Tshivhenga, teruggetrek enkele oomblikke voordat dit aangehoor sou word. Die party het die mosie verlede week ingedien en gesê die EFF-speaker is nie meer bevoeg om die amp te beklee nie omdat sy na bewering nie betaamlike optrede, skedules en raadsresolusies kon afdwing nie. Tshivhenga se kantoor is ook beskuldig van bedrog. Die IVP sê sy besluit volg nadat sommige partye kop uitgetrek het.
IVP onttrek mosie van wantroue teen Ekurhuleni-raad se speaker