# Die IVP doen ‘n beroep op alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners om hierdie naweek in groot getalle as kiesers te registreer vir die plaaslikeregeringverkiesing op 4 November vanjaar. Sowat 24-duisend registrasiepunte deur die land se vier-duisend-448 munisipale stadswyke sal hierdie naweek open. Die IVP sê die verkiesing gee aan inwoners die kans om hul stem te laat hoor oor sake wat hul daaglikse lewe direk raak. Die naweek bied die geleentheid om seker te maak van registrasiebesonderhede en stempunte.
IVP doen beroep op stemgeregtigde kiesers om in groot getalle deel te neem aan naweek van kiesersregistrasie