Skip to content

Israelse Weermag word beveel om aanvalle op strategiese teikens in Iran te verskerp

# Die Israelse Weermag is beveel om aanvalle op strategiese teikens in Iran te verskerp. Dit volg nadat Iran vandag sy jongste vlaag van ongeveer 30 ballistiese missiele op Israel afgevuur het. ‘n Hospitaal in Berseba is getref, wat meer as 60 mense beseer het. Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, sê die doelbewuste aanvalle op hospitale en wooneenhede is die ernstigste vorm van oorlogsmisdade. Hy sê die IDF se verskerpte aanvalle is daarop gerig om die Ajatollah-regime te ontwrig.