# Die Israelse Weermag het vanoggend wraakaanvalle uitgevoer op militêre teikens in westelike en sentraal-Iran. Dit volg nadat Teheran missiele op Israel afgevuur het, vermoedelik uit wraak oor aanvalle op die suidelike voorstede van die Libanese hoofstad, Beiroet, wat ʼn vesting van die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep is. Israel se jongste aanval volg nadat president Donald Trump van Amerika eerste minister Benjamin Netanyahu gevra het om nie op Iran wraak te neem nie. Teheran hou vol enige vredesooreenkoms met Amerika sal afhang van ʼn skietstilstand wat Libanon ook insluit.
Israelse weermag voer wraakaanvalle uit na Teheran se missielaanvalle