Skip to content

Israelse weermag onderskep talle skepe op pad na Gaza 

# Die Israelse weermag het sowat 20 skepe wat deel is van die Global Sumud Flotilla op pad na Gaza onderskep. Aktiviste aan boord, insluitend die Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg, Nelson Mandela se kleinseun Mandla Mandela, en die aktrise Susan Sarandon, is aangehou. Israel se ministerie van Buitelandse Sake sê die vloot het die vaartuie gewaarsku om van rigting te verander omdat hulle ʼn aktiewe oorlogsone genader het. Hy sê almal aan boord is na ʼn Israelse hawe oorgeplaas. Die Global Sumud Flotilla sê die onderskepping is onwettig.