Skip to content

Israelse weermag identifiseer een van die twee gyselaars wat Hamas gister teruggegee het

# Die Israelse weermag sê forensiese ondersoekers het die oorskot van een van twee gyselaars geïdentifiseer wat Hamas gister oorhandig het. Dis die liggaam van die 85-jarige Aryeh Zalmanovich wat op 17 November 2023 in aanhouding dood is. Sodra die tweede persoon uitgeken is, sal dit beteken Hamas het die liggame van 15 van die 28 Israelse gyselaars teruggegee volgens fase een van die skietstilstand wat Amerika bewerkstellig het. Al 20 lewende gyselaars is vroeër die maand vrygelaat.