Skip to content

Israelse minister van Verdediging sê Leër sal politieke opdragte volg ondanks teenkanting

# Die Israelse minister van Verdediging, Israel Katz, sê die stafhoof van die Leër, Eyal Zamir, kan sy menings uitspreek, maar die gewapende magte moet steeds alle regeringsbesluite oor Gaza uitvoer. Katz se verklaring op X volg nadat berigte aangedui het dat Zamir gekant is teen die regering se plan om die Gazastrook ten volle te beset. Israelse media berig Netanyahu sal môre sy veiligheidskabinet byeenroep om ‘n finale besluit te neem oor die volgende stappe in die oorlog in die Palestynse gebied.