# Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, het die Weermag goedkeuring verleen om Gaza-stad oor te neem en magtiging gegee vir die oproep van ongeveer 60-duisend reserviste. Die ministerie het berigte hieroor in die plaaslike media bevestig. Dit plaas druk op Hamas terwyl bemiddelaars wag op amptelike Israelse reaksie op hul jongste skietstakings-voorstel. Een van die bemiddelaars, Katar, is versigtig optimisties oor die jongste voorstel, maar ‘n senior Israelse amptenaar sê hulle dring steeds aan op die vrylating van alle gyselaars as deel van enige ooreenkoms.
Israelse minister van Verdediging keur plan goed om beheer van Gaza-stad oor te neem